LEWER 30

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 20 min.

80 ml (1/3 k) gladde grondboontjiebotter

80 ml (1/3 k) water

250 ml (1 k) esdoringstroop

200 ml (¾ k) strooisuiker

2,5 ml (½ t) sout

15 g botter, plus nog vir smeer

  1. Smeer ’n bakplaat met ’n rand deeglik met botter. Voeg al die bestanddele gelyk in ’n diep pot oor lae hitte. Roer tot die suiker oplos. Sonder om te roer, laat die mengsel laag prut en moenie die proses aanjaag nie. Skakel die hitte ná sowat 15 min. af en giet die toffie op die gesmeerde bakplaat. Laat staan sowat 30 min. tot koel genoeg om te hanteer.
  2. Smeer jou hande deeglik met botter en trek die toffie. Rek dit in ’n lang tou en vou die tou middeldeur. Draai dit heeltemal saam, trek dan weer in ’n tou en herhaal.
  3. Hou aan met die proses tot die toffie ferm is en moeilik trek. Sny in happiegrootte stukke. Draai elke stuk toffie in waspapier toe.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan