Bereiding: 20 min

Gaarmaak: 15 min

Genoeg vir 6 mense

Kors

30 ml (2 e) gemengde neute, gerooster

200 ml (¾ k) meel

60 ml (¼ k) versiersuiker

’n knippie sout

100 g botter

1 eiergeel

45 ml (3 e) olyfolie

Suurlemoensmeer

3 groot suurlemoene, skil en sap

200 ml (¾ k) strooisuiker

10 ml (2 t) mieliemeelblom

2 eiers plus 2 eiergele

100 g botter, in blokkies gesny

suurlemoenskywe vir garnering

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n 20 cm-losboomtertpan.

  1. Kors: Blits die neute saam met die meel, suiker en sout in ’n verwerker tot fyn. Voeg die botter by en pols tot die mengsel soos growwe broodkrummels lyk met ’n paar klein botterklonte. Voeg die eiergeel en olie by en pols tot net gemeng en ’n baie sagte deeg gevorm het.
  2. Versprei die deeg egalig oor die bodem en teen die kante van die bereide pan. Bak die kors 10 min. of tot goudkleurig. Verplaas na ’n rak om heeltemal af te koel (sowat 30 min.).
  3. Suurlemoensmeer: Klits die suurlemoenskil en -sap, suiker, mieliemeelblom, eiers en eiergele in ’n middelslagkastrol en bring tot kookpunt oor matige hitte terwyl jy 3 min. aanhou klits. Verwyder van die hitte en klits die botter in tot glad.
  4. Giet die suurlemoensmeermengsel in die heeltemal afgekoelde kors en verkoel 2 uur in die koelkas of tot ferm bo-op. Garneer met suurlemoenskywe.