Lewer 12

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

1 blik (382 g) kondensmelk

4 eiers, geskei

skil en sap van 2 suurlemoene

250 ml (1 k) suiker

’n knippie kremetart

12 soet tertdoppies, gebak

1 Voorverhit die oond tot 180 °C

2 Klits die kondensmelk, eiergele, suurlemoenskil en sap in ’n bak tot alles goed gemeng is.

3 Klits die eierwitte in ’n aparte bak tot skuimerig en klits dan die suiker ’n lepel vol op ’n slag in. Klits die kremetart saam met die laaste lepel vol in.

4 Skep die suurlemoenkondensmelk in die tertdoppies tot amper vol. Skep of druk die skuim bo-oor. Bak 10 minute in die oond of tot goudkleurig bo-op.

- Hope Malau