Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 1 uur

150 g koekies, fyn gedruk

80 g botter

900 g roomkaas

375 ml (1½ k) strooisuiker

200 ml suurroom

45 ml (3 e) meel

3 eiers

1 eiergeel

skil van 2 suurlemoene

sap van 1 suurlemoen

5 ml (1 t) vanielje-ekstrak

roomkaas en suurlemoenwiggies vir versier

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n koekpan van 20 cm met bakpapier uit.
  2. Meng die koekiekrummels en die botter en druk dit in die bodem van die gevoerde bakpan vas. Maak seker dis gelyk.
  3. Bak 10 minute. Sit eenkant om af te koel en verlaag die oondtemperatuur na 160 °C.
  4. Klits die roomkaas en strooisuiker tot glad. Voeg die suurroom en meel by en hou aan klits tot gemeng.
  5. Meng die eiers, eiergeel, suurlemoenskil, suurlemoensap en vanielje-ekstrak in ’n ander bak. Roer by die kaasmengsel in.
  6. Giet die mengsel op die koekiebasis en bak 45 minute.
  7. Skakel die oond af, los dit effens oop en laat die kaaskoek in die oond afkoel. Dit keer dat die bokant kraak.
  8. Versier met roomkaas en suurlemoenwiggies.