GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 50 min.

375 ml (2½ k) bruismeel

5 ml (1 t) kaneel

2,5 ml (½ k) fyn gemmer

250 g botter, gesmelt

250 ml (1 k) bruinsuiker

125 ml (½ k) esdoringstroop

3 eiers

115 g grenadella-pulp

10 ml (2 t) kaneel

125 ml (½ k) strooisuiker

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer twee middelslag-broodpanne.

1.     Gooi die meel, kaneel en gemmer in ’n bak en meng. Voeg die botter, bruinsuiker, esdoringstroop, eiers en grenadella by en meng goed.

2.     Skep in die broodpanne. Bak 50 min. of tot gaar wanneer dit met ’n toetspen getoets word. Keer dadelik uit.

3.     Gooi die ekstra kaneel en suiker in ’n bak en meng. Bedek die koek met suiker en laat afkoel.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Miller