KOMPETISIE: R2 500 kan gewen word!

Elke maand tot Desember gee Stork R2 500 weg! Koop een Stork BAKE-blok, SMS die woorde STORK BAK1, gevolg deur jou naam, van en die Stork BAKE-strepieskode na 34922 voor 17:00 op 29 Julie 2011. Elke SMS kos R1,50.

Jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil, maar moet elke keer nog ’n Stork BAKE-blok koop sodat jy die strepieskode kan gebruik. (Bêre die strepieskode – lees die reëls onder.). Moenie moed verloor as jy nie vandeesmaand wen nie – nog R2 500 kan weer volgende maand gewen word!

MAAR DAAR'S NOG MEER, MET STORK SE NAWEEK-WINKELPROMOSIE BY 'N TAK NABY JOU!

Koop twee Stork Bake-blokke (500 g elk) en kry ’n STORK-geskenk. Of koop vier Stork BAKE-blokke (500 g elk) en kry ’n STORK-geskenk en ’n gratis kopie van die STORK Special Celebration Cakes-resepteboek met 18 koekresepte. Die aanbod is slegs geldig vir naweke in Julie in uitgesoekte winkels.

Klik op die skakels hieronder om uit te vind watter winkel naby jou is!

KLIK HIER vir deelnemende winkels in die Wes-Kaap

KLIK HIER vir deelnemende winkels in Gauteng

KLIK HIER vir deelnemende winkels in KwaZulu Natal

KLIK HIER vir deelnemende winkels in die Noordelike Streek

KLIK HIER vir deelnemende winkels in die Oos-Kaap

Bel die Unilever Hulplyn by 0860331441 vir meer inligting. Alle oproepkostes word teen plaaslike tariewe gehef.

MINI-MIAAU-KOLWYNTJIES

Lewer 6-8

Bereidingstyd: 15 min

Baktyd: 12-15 min

250 ml (1 k) bruismeel

2 ml (½ t) sout

125 g STORK BAKE, saggemaak

125 ml (½ k) strooisuiker

2 eiers

15 ml (1 e) melk

VERSIERING

plastiekversiersel, gekleur met geel koskleursel

appelkooskonfyt

wit- en sjokolade-botterversierel

swart en rooi droplekkers, Astro’s en geel strooisels (Nicoletta)

KOLWYNTJIES

Voorverhit die oond 180 °C.

Plaas klein papierbakkies in mini-kolwyntjiepanne.

Sif die meel in ’n bak, voeg die res van die kolwyntjiebestanddele by en klop goed met ’n elektriese klitser tot glad.

Verdeel tussen die papierbakkies en bak vir 12-15 minute tot gaar.

Laat afkoel.

VERSIERING

Bewerk die plastiekversiersel met jou hande tot sag.

Voeg 'n paar druppels kleursel by en “knie” deur.

Rol dun uit en plak op die kolwyntjies met 'n smeersel appelkooskonfyt.

Plak twee swart droplekkers vir die oë, 'n Astro vir die neus en 'n halwe rooi droplekker vir die mond met botterversiersel vas.

Plaas 'n dun spuitpunt in 'n spuitbuis en spuit snorbaarde langs die neus en kykers vir die oë.

Spuit sjokoladeversiersel reg rondom vir die hare en sprinkel geel strooisels oor.

In die Huisgenoot van 7 Julie 2011 verskyn nog 'n paar heerlike resepte in dieselfde trant.

Volg Huisgenoot op Twitter.

KOMPETISIEREËLS Dié maand se kompetisie sluit op 29 Julie om 17:00. Personeel en hul gesinne van Media24, die borg of hul reklamemaatskappy mag nie inskryf nie. Deelnemers moet die geregistreerde eienaar van die selfoon wees van waar inskrywings gestuur word, of die eienaar se toestemming hê om dit te gebruik. Gratis SMS’e geld nie. Daar sal van die wenner verwag word om die verpakking met die strepieskode wat gebruik is om in te skryf, te toon. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie. Media24, Megaprom en Unilever S.A. (Edms.) Bpk. is nie aanspreeklik vir skade wat uit deelname aan die kompetisie spruit nie. Unilever S.A. (Edms.) Bpk. behou die reg voor om bene van die kompetisie te kanselleer. Deur in te skryf stem jy in om afgeneem te word vir publikasie in die tydskrif. Foto’s wat van die wenner geneem word, kan deur die tydskrif en/of borg gebruik word vir enige vorm van publisiteit wat hulle geskik ag sonder om die wenner verder te betaal. Die borg is verantwoordelik vir die prysgeld.