Elke maand tot Desember gee Stork R2 500 weg!

SKRYF SÓ IN

Koop ’n Stork BAKE-blok (500 g), SMS die woorde STORK BAK3, gevolg deur die laaste vyf syfers van die Stork BAKE op die blok wat jy gekoop het, jou naam en adres na 34922. Die kompetisie sluit op 23 September om 17:00.

Elke SMS kos R1,50. Jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil, maar moet elke keer nog ’n Stork BAKE-produk koop sodat jy die strepieskode kan gebruik. (Bêre die strepieskode.) Maak seker jy lees die kompetisiereëls onder aan dié blad.

Moenie moed verloor as jy nie vandeesmaand wen nie – nog R2 500 kan volgende maand gewen word!

Bel die Stork Unliver-hulplyn by             0860-331-441        vir meer inligting (plaaslike oproeptariewe geld).

SOUT MUFFINS

Lewer 10-12

500 ml (2 k) koekmeel

20 ml (4 t) bakpoeier

2 ml (½ t) sout

5 ml (1 t) mosterdpoeier

75 g spek, gebraai en fyn gekap

75 g gerasperde cheddarkaas of gekrummelde fetakaas

4-6 ontpitte swartolywe, gekap

150 g STORK BAKE

125 ml (½ k) karringmelk of volroommelk

1 ekstragroot eier

Voorverhit die oond tot 200 °C.

Smeer ’n muffinpan met 12 holtes.

Sif die droë bestanddele saam.

Voeg die spek, kaas en olywe by en meng liggies.

Smelt die STORK BAKE en laat afkoel.

Voeg die karringmelk of melk en eier by en klits tot goed gemeng.

Voeg dit by die droë bestanddele en sny dit liggies met ’n mes in tot net gemeng.

Skep die beslag in die gesmeerde holtes.

Bak 25-30 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel kom.

Laat afkoel en sit voor met ekstra STORK BAKE, biltong en kaas.

Kry nog meer heerlike resepte in die uitgawe van Huisgenoot, 1 September 2011. Baie geluk aan ons Augustus-wenner, Sannie Blake van Alberton!

KOMPETISIEREËLS Dié maand se kompetisie sluit op 23 September om 17:00. Personeel en hul gesinne van Media24, die borg of hul reklamemaatskappy mag nie inskryf nie. Deelnemers moet die geregistreerde eienaar van die selfoon wees van waar inskrywings gestuur word, of die eienaar se toestemming hê om dit te gebruik. Gratis SMS’e geld nie. Daar sal van die wenner verwag word om die verpakking met die strepieskode wat gebruik is om in te skryf, te toon. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie. Media24, Megaprom en Unilever S.A. (Edms.) Bpk. is nie aanspreeklik vir skade wat uit deelname aan die kompetisie spruit nie. Unilever S.A. (Edms.) Bpk. behou die reg voor om bene van die kompetisie te kanselleer. Deur in te skryf stem jy in om afgeneem te word vir publikasie in die tydskrif. Foto’s wat van die wenner geneem word, kan deur die tydskrif en/of borg gebruik word vir enige vorm van publisiteit wat hulle geskik ag sonder om die wenner verder te betaal. Die borg is verantwoordelik vir die prysgeld.