Elke maand tot Desember gee Stork R2 500 weg!

SKRYF SÓ IN

Koop ’n Stork BAKE-blok (500 g), SMS die woorde STORK BAK4, gevolg deur die laaste vyf syfers van die Stork BAKE op die blok wat jy gekoop het, jou naam en adres na 34922. Die kompetisie sluit op 28 Oktober om 17:00.

Elke SMS kos R1,50. Jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil, maar moet elke keer nog ’n Stork BAKE-produk koop sodat jy die strepieskode kan gebruik. (Bêre die strepieskode.)

Maak seker jy lees die kompetisiereëls onder aan dié blad. Moenie moed verloor as jy nie vandeesmaand wen nie – nog R2 500 kan volgende maand gewen word!

•Bel die Stork Unliver-hulplyn by            0860-331-441        vir meer inligting (plaaslike oproeptariewe geld). 

Baie geluk aan verlede maand se wenner, MM Mostert van Springs.

KOEK

300 ml (250 g) strooisuiker

250 g STORK BAKE

5 eiers

446 ml (250 g) koekmeel

Knippie sout

15 ml (1 e) bakpoeier

10 ml (2 t) vanieljegeursel

125 ml (½ k) gekookte melk, afgekoel tot louwarm

Rooi en groen of geel koskleursel

VERSIERING

250 ml (1 k) versiersuiker

40 g STORK, sag of teen kamertemperatuur

5-10 ml warm melk of water

Koskleursel van jou keuse

Eetbare goue poeier ("gold dust")

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ‘n ronde koekpan van 22 cm en bestuif met meel.

KOEK

Plaas die strooisuiker en STORK BAKE in ‘n bak en klits tot lig en romerig.

Voeg die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging.

Sif die meel, sout en bakpoeier 3 tot 4 keer saam em voeg dit om die beurt met die melk by die eiermengsel.

Klits goed.

Verdeel die mengsel in twee.

Voeg ‘n paar druppels rooi koskleursel by die een helfte om dit pienk te maak en geel of groen by die ander helfte.

Klits goed.

Skep lepels vol van die twee mengsels langs mekaar in die pan.

Trek patrone met ‘n sosatiestokkie sodat die beslag soos marmer lyk.

Bak die koek vir 30 minute of tot ‘n toespen skoon uit die middel kom.

Keer die uit op ‘n afkoelrak en sny in blokkies.

VERSIERING

Plaas die versiersuiker en Stork in ‘n voedselverwerker of mengbak en meng goed.

Roer van die melk of water by en meng tot ‘n sagte versering vorm.

Sit ‘n paar druppels koskleursel by en meng totdat alles goed deurgemeng is.

Plaas die versiering in ‘n spuitsak en versier die blokkies met die botterversiersel en eetbare goue poeier

KOMPETISIEREËLS Dié maand se kompetisie sluit op 28 Oktober om 17:00. Personeel en hul gesinne van Media24, die borg of hul reklamemaatskappy mag nie inskryf nie. Deelnemers moet die geregistreerde eienaar van die selfoon wees van waar inskrywings gestuur word, of die eienaar se toestemming hê om dit te gebruik. Gratis SMS’e geld nie. Daar sal van die wenner verwag word om die verpakking met die strepieskode wat gebruik is om in te skryf, te toon. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie. Media24, Megaprom en Unilever S.A. (Edms.) Bpk. is nie aanspreeklik vir skade wat uit deelname aan die kompetisie spruit nie. Unilever S.A. (Edms.) Bpk. behou die reg voor om bene van die kompetisie te kanselleer. Deur in te skryf stem jy in om afgeneem te word vir publikasie in die tydskrif. Foto’s wat van die wenner geneem word, kan deur die tydskrif en/of borg gebruik word vir enige vorm van publisiteit wat hulle geskik ag sonder om die wenner verder te betaal. Die borg is verantwoordelik vir die prysgeld.