Lewer 25

Gaarmaak: 15 min.

Bereiding: 1 uur

1 liter (4 koppies) meel

10 g gis

60 ml (¼ k) olyfolie

300 ml warm water

Vulsel

400 g spinasie, geblansjeer

300 g mozzarella, in blokkies gesny

4 takkies tiemie

sout en peper na smaak

olie vir braai

vrugteblatjang vir voorsit

  1. Sif die meel in ’n groot mengbak en meng die gis in. Maak ’n holte in die middel en giet die olie en water in.
  2. Meng met ’n houtlepel om ’n sagte deeg te vorm. Keer uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en knie 20 min. of tot glad.
  3. Sit die deeg in ’n liggies geoliede bak, bedek en laat rys tot die volume verdubbel het.
  4. Vulsel: Meng al die bestanddele vir die vulsel in ’n groot bak en sit eenkant.
  5. Knie die deeg weer en rol uit. Sny sirkels uit die deeg en smeer die vulsel oor die helfte van elkeen van die sirkels, maar los ’n rand oop.
  6. Verf die rand met water en vou die deeg oor om halfmane te vorm. Druk die kante saam om te verseël.
  7. Verhit die olie in ’n pot oor matige hitte tot warm en braai die halfmane tot goudkleurig. Dreineer op papierhanddoek en bestrooi met growwe sout voor jy dit met vrugteblatjang voorsit.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers