Genoeg vir 6 of meer mense  

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 1 uur

400 g broskorsdeeg

rys of bone vir blind bak

VULSEL

250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas

200 g spekvleis, gekap

100 g spinasie, fyn gekap

30 ml (2 e) gekapte vars koljander

5 eiers

100 ml melk

250 ml (1 k) dikroom

sout en peper

1.    Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n 20 cm-koekpan.

2.    Voer die koekpan met die deeg uit. Vul met die rys of bone en bak 20 minute blind. Verwyder die rys of bone en bak nog 5 minute.

3.    Vulsel Strooi die kaas oor die deeg. Braai die spekvleis tot bros en strooi oor die kaas. Voeg die spinasie en koljander by en meng die bestanddele versigtig in die deegdop.

4.    Meng die eiers, melk, room, sout en peper in ’n bak tot goed gemeng. Giet dit oor die bestanddele in die deegdop.

5.    Bak 40 minute of tot geset in die middel. Laat afkoel en sit voor.

- Hope Malau