Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 30 min.

125 g botter

125 ml (½ k) strooisuiker

5 ml (1 t) vanieljegeursel

2 eiers

375 ml (1½ k) meel

5 ml (1 t) bakpoeier

125 ml (½ k) melk

10 ml (2 t) rooswater

150 g bevrore bessies, ontvries

SOUS

125 ml (½ k) rooiwyn

125 ml (½ k) strooisuiker

1 kaneelstok

1 steranys

1 lemoen, geskil

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n silikoonkoekpan van die verlangde vorm.

  1. Plaas die botter, strooisuker en vanieljegeursel in ’n bak en klits met ’n elektriese klitser tot vaal en romerig.
  2. Voeg die eiers een vir een by terwyl jy goed klits ná elke byvoeging. Voeg die meel, bakpoeier, melk en rooswater by en meng tot net gemeng.
  3. Vou die bessies in en skep die mengsel in die gesmeerde silikoonvorm. Bak 30 min. of tot ferm. Keer op ’n draadrak uit en laat afkoel.
  4. Sous: Plaas al die bestanddele in ’n pot oor matige hitte en laat prut 5 min. of tot effens verminder. Skep die sous oor die afgekoelde koek en sit voor.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers