Lewer 1 middelslagkoek

Bereiding: 15 min.

Bak: 40 min.

750 ml (3 k) meel

10 ml (2 t) bakpoeier

10 ml (2 t) fyn kaneel

2 ml (½ t) fyn naeltjies

1 ml (¼ t) gemengde spesery

2 ml (½ t) fyn neutmuskaat

2 ml (½ t) koeksoda

’n knippie sout

125 ml (½ k) kakaopoeier

500 ml (2 k) strooisuiker

250 ml (1 k) olie

4 eiers

30 ml (2 e) Cape Velvet- of Amarula-likeur

150 g donker sjokolade, gesmelt

VERSIERSEL

375 ml (1½ k) versiersuiker

80 g donker sjokolade, gesmelt

200 ml (¾ k) room

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n ringkoekpan van 23 cm.
  2. Sif die meel, bakpoeier, speserye, koeksoda, sout en kakaopoeier saam in ’n groot bak. Sit eenkant.
  3. Klits die suiker en olie tot goed gemeng. Voeg die eiers een-een by en klits goed ná elke byvoeging. Vou die likeur en sjokolade met ’n spatel in tot glad.
  4. Giet die beslag in die voorbereide bakpan en bak 40 minute of tot ’n steekpen skoon uitkom wanneer dit in die middel ingesteek word.
  5. Versiersel: Sif die versiersuiker in ’n bak en klits die sjokolade in tot glad en dik. Voeg die room by en klits tot die mengsel verdik. Skep oor die afgekoelde koek.