Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 30 minute

Gaarmaaktyd: sowat 1 uur

Staantyd: 30 minute

1 kg gekoopte brooddeeg

1 pakkie (80 g) wit uiesoppoeier 250 g spekvleis, gesnipper en gebraai

375 ml (1½ k) room

300 ml cheddarkaas, gerasper

  • Verhit die oond tot 180° C.
  • Spuit ’n oondbak met kossproei.

  1. Vorm die deeg in balle en pak dit styf teen mekaar in die bak. Laat 30 minute staan om te rys.
  2. Meng die uiesop, spek en room. Giet oor die deeg en sprinkel die kaas oor.
  3. Bak sowat 30-40 minute of tot gaar en goudbruin.