Lewer 15

Bereiding: 20 min.

Vries: 2 uur

Bak: 10 min.

500 ml (2 k) meel

250 ml (1 c) strooisuiker

2 ml (½ t) sout

15 ml (1 e) gerasperde suurlemoenskil

250 g botter, in stukke gesny

2 eiergele

5 ml (1 t) vars suurlemoensap

60 ml (¼ k) versiersuiker vir bedek

SUURLEMOENSMEER

2 eiers

2 eiergele

160 ml (¾ k) strooisuiker

80 g botter

sap en skil van 2 suurlemoene

  1. Verwerk die meel, strooisuiker, sout en suurlemoenskil in ’n voedselverwerker tot gemeng. Voeg die botter by en verwerk tot die mengsel ’n sanderige tekstuur het. Voeg die eiergeel en suurlemoensap by en verwerk tot die deeg bymekaarkom. Verdeel in die helfte en vorm elkeen in ’n rol. Draai in kleefplastiek toe en vries sowat 2 uur tot ferm.
  2. Voorverhit die oond tot 180 °C en voer twee bakplate met bakpapier uit.
  3. Sprei die versiersuiker op ’n skoon oppervlak uit en rol die rolle oor die suiker om hulle te bedek. Sny dik en rangskik goed gespasieer op die bakplate. Bak 10 minute of tot die koekies goudkleurig om die kante is.
  4. Suurlemoensmeer: Klits die eiers, gele en strooisuiker in ’n pot oor lae hitte en verhit tot glad. Klits die botter en die suurlemoensap en -skil in tot dik. Gooi deur ’n sif.
  5. Plak die koekies twee-twee op mekaar vas met ’n lepel vol suurlemoensmeer.