Lewer 1 tert (12 porsies)

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 40 minute

KORS

375 ml (1½ k) lae-GI-brood, fyn gekrummel

60 ml (¼ k) koekmeel

250 ml (1 k) hawermout, effe gerooster

5 ml (1 t) gemengde kruie

sout en peper

2 eierwitte, effe geklits

VULSEL

2-3 repies rugspek met min vet

4 murgpampoentjies, gerasper

1 ui, gekap

2 wortels, geskraap en gerasper

2 groot knoffelhuisies, fyn gekap

30 ml (2 e) olyfolie

100 g spinasie of kopkool, goed afgewas en fyn gekap

10 ml (2 t) elk gerasperde suurlemoenskil en -sap

45 ml (3 e) pietersielie, gekap

80 ml (¹/³ k) natuurlike jogurt

125 g gladde laevetmaaskaas

2 eiers, geklits

5 ml (1 t) mielieblom

sout en peper na smaak 60 ml (¼ k) gerasperde mozzarellakaas Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 20 cm-losboompan.

  1. KORS Meng al die bestanddele en druk op die boom en teen die kante van ’n tertpan vas. Verkoel en prik die kors.
  2. VULSEL Braai die spek tot net gaar, skep uit en kap fyn. Roerbraai die murgpampoentjies, ui, wortels en knoffel in die verhitte olyfolie tot net sag.
  3. Voeg die spinasie by en verhit tot dit verwelk het. Meng die skil, sap en pietersielie by.
  4. Meng die jogurt, maaskaas, eiers en mielieblom. Meng die spek en groente by. Geur.

Skep op die kors, maak gelyk en sprinkel die kaas oor. Bak 40 minute. Laat afkoel en sit voor met roketblare.