Maak 85 koekies

bereiding: 30 minute

staantyd: 20-30 minute

gaarmaaktyd: 20 minute

10 ml (2 t) kitsgis

5 ml (1 t) suiker

180 ml (¾ k) lou water

1 kg koekmeel

3 ml (ruim ½ t) sout

250 ml (1 k) suiker

5 ml (1 t) anys

150 g botter

olie vir diepvetbraai

  1. Meng die gis, suiker en water saam en laat staan tot skuimerig.
  2. Meng die droë bestanddele saam en vryf die botter in. Voeg die suurdeeg by en meng tot ’n stywe deeg. Knie
  3. goed tot glad en elasties.
  4. Laat rys op ’n warm plek tot dubbel die volume.
  5. Rol uit tot 2 cm dik en sny in diamantvormige koekies. Laat weer rys tot dubbel die grootte.
  6. Verhit genoeg olie vir diepvetbraai en braai ’n paar koekies op ’n slag tot goudbruin en gaar van binne.