Genoeg vir: 10

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 20 min.

185 g botter

100 ml suiker

250 ml (1 k) meel

10 ml (2 t) kakaopoeier

80 ml (? k) fyn klapper

5 ml (1 t) bakpoeier

Sous

60 ml (¼ k) versiersuiker

40 g botter

10 ml (2 t) kakao

15 ml (1 e) kookwater

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n 18×20 cm-bakpan uit.

  1. Meng die botter en suiker tot dit ’n romerige mengsel vorm. Voeg die droë bestanddele by en meng goed. Druk in die bakpan en bak 20 min. of tot gaar. Laat afkoel.
  2. Sous: Meng die versiersuiker, botter en kakao. Voeg net genoeg kookwater by om ’n loperige pasta te maak.
  3. Skep die sous oor die warm koek en laat dit effens afkoel. Sny die koek in snye nadat die heeltemal afgekoel het.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander