Lewer 17

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 8 min.

200 g botter, versag

200 ml strooisuiker

200 ml donker bruinsuiker

2 groot eiers

7 ml (1½ t) vanielje-ekstrak

580 ml (2? k) meel

5 ml (1 t) koeksoda

’n knippie sout

150 g sjokoladeskyfies

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n bakplaat en voer met bakpapier uit.
  2. Klits die botter en suikers met ’n elektriese klitser tot romerig. Voeg die eiers en vanielje by en klits tot gemeng.
  3. Meng die meel, koeksoda en sout in ’n bak. Voeg geleidelik by die bottermengsel terwyl jy klits tot net gemeng. Vou die sjokoladeskyfies in tot egalig versprei.
  4. Skep lepels vol op die gevoerde bakplaat en bak in sarsies 8 tot 12 minute. Verwyder uit die oond en laat op ’n draadrak afkoel.