GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 1 uur

560 ml (2¼ k) bruismeel

5 ml (1 t) koeksoda

5 ml (1 t) fyn kaneel

200 ml (¾ k) strooisuiker

180 ml (¾ k) melk

80 ml (1/3 k) olie

2 eiers

5 ml (1 t) vanieljegeursel

2 piesangs, fyn gemaak

50 g sjokoladeskyfies

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n middelslag-broodpan met gesmeerde bakpapier uit.

  1. Meng die meel, koeksoda, kaneel en suiker in ’n groot bak. Klits die melk, olie, eiers, vanielje en piesang in ’n middelslag-bak.
  2. Voeg die nat bestanddele by die droë bestanddele en roer om te meng. Vou die sjokolade in.
  3. Giet in die bereide pan. Maak bo glad. Bak 1 uur of tot ’n toetspen skoon uitkom wanneer dit in die middel ingedruk word. Laat 10 min. in die pan afkoel. Keer op ’n draadrak uit om af te koel.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander