LEWER 12 MUFFINS

Bereiding: 10 min.

Bak: 15 min.

625 ml (2½ k) meel

15 ml (1 e) bakpoeier

5 ml (1 t) koeksoda

’n knippie sout

100 g sjokoladeskerfies

114 g botter, gesmelt

250 ml (1 k) strooisuiker

2 eiers

250 ml (1 k) melk

15 ml (1 e) vanieljegeursel

Voorverhit die oond tot 220 °C. Smeer ’n 12-holte-muffinpan.

  1. Meng die meel, bakpoeier, koeksoda, sout en 50 g sjokoladeskerfies in ’n groot bak. Sit eenkant.
  2. Klits die gesmelte botter, suiker, eiers, melk en vanieljegeursel saam in ’n middelslag-bak. Voeg die droë bestanddele stadig by. Vou saam tot net gemeng.
  3. Verdeel die beslag tussen die 12 muffinholtes. Strooi die oorblywende sjokoladeskerfies oor en bak 5 min. Stel die oond se temperatuur af na 180 °C en bak nog 10 min. Laat sowat 5 min. afkoel en geniet warm.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander