Genoeg vir 2 mense

Bereiding: 3 min.

Gaarmaak: 15 min.

250 g skilferkorsdeeg

150 g-blok donkersjokolade

15 g botter, gesmelt

Voorverhit die oond tot 200 ºC.

1. Plaas die deeg op bakpapier.

2. Sit die sjokoladeblok in die middel.

3. Sny die deegkante sodat dit soos spinnekopbene lyk.

4. Vou die voorkant van die deeg oor die sjokolade en vou die repe oor die sjokolade. Verf die botter oor.

5. Sit die bakpapier op die bakpan en bak 15 min. of tot goudkleurig.