Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 3 min. elk

125 ml (½ k) meel

60 ml (¼ k) kakaopoeier

10 ml (2 t) strooisuiker

3 eiers, liggies geklits

30 ml (2 e) olie

180 ml (¾ k) melk

  1. Sif die meel en kakao in ’n bak en roer die suiker in. Klits die eiers, olie en melk saam in ’n beker.
  2. Voeg die eiermengsel geleidelik by die meelmengsel terwyl jy klits tot glad en gemeng. Bedek en sit 30 min. eenkant.
  3. Smeer ’n kleefvrye braaipan met die olie en verhit oor matige hitte. Giet 60 ml (¼ k) van die beslag in die pan en swaai om die bodem te bedek.
  4. Bak 2 min. of tot liggoud. Keer om. Bak 1 min.
  5. Keer op ’n bord uit en bedek om warm te hou. Herhaal met die oorblywende mengsel.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander