Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 20 min.

300 g donkersjokolade, gekap, en ekstra vir bedruip

125 g botter, grof gekap

450 ml bruismeel

2,5 ml (½ t) bakpoeier

60 ml (¼ k) kakaopoeier

60 ml (¼ k) bruinsuiker

180 ml (¾ k) melk

2 eiers

80 g sjokoladestafies, in skywe gesny

Voorverhit dit oond tot 180 °C.

1. Smeer ’n muffinpan met 6 groot holtes. Plaas die helfte van die sjokolade en botter in ’n bak oor ’n kastrol water wat liggies prut en roer af en toe tot gesmelt. Sit eenkant om effens af te koel.

2. Sif die meel, bakpoeier en kakao in ’n groot bak en roer die suiker in. Klits die melk en eiers in ’n ander bak saam. Voeg by die droë bestanddele en roer saam met die sjokolademengsel in.

3. Verdeel die beslag tussen die muffinpanne en bak 20 min. of tot gerys en deurgaar. Haal uit en laat op ’n draadrak afkoel.

4. Plaas ’n bietjie sjokolade op die skywe sjokoladestafies en stapel dit dan op die muffins. Bedruip met die ekstra gesmelte sjokolade.

Deur: Hope Malau

Foto’s: Jacques Stander