Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 55 min.

250 g botter, gekap

200 g donkersjokolade, gekap

330 ml (1? k) melk

375 ml (1½ k) strooisuiker

5 ml (1 t) vanieljegeursel

2 eiers

375 ml (1½ k) meel, gesif

60 ml (¼ k) bruismeel, gesif

60 ml (¼ c) kakao, gesif

  1. Voorverhit die oond tot 150 °C.
  2. Plaas die botter, sjokolade, melk, suiker en vanielje in ’n groot kastrol oor matige hitte en roer af en tot gesmelt en glad. Sit eenkant om effens af te koel.
  3. Voeg die eiers by en klits om te meng. Giet in ’n groot bak, voeg die geure en kakao by en klits tot glad.
  4. Giet in ’n liggies gesmeerde 22 cm-pasteibak en bak 50 min. of tot ’n steekpen skoon uitkom.
  5. Laat heeltemal afkoel en bestuif dan met ekstra kakao.

Deur Hope Malau

Foto’s: Jacques Stander