GENOEG VIR 4-6 MENSE

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 15 min.

60 ml (¼ k) mielieblom

125 ml (½ k) suiker

’n knippie sout

750 ml (3 k) melk

170 g donkersjokolade, grof gekap

5 ml (1 t) vanieljegeursel

skil van 1 lemoen

  1. Meng die mielieblom, suiker en sout in ’n middelslag-kastrol. Klits die melk stadig in – eers in ’n dun stroom sodat klonte nie vorm nie, en dan vinniger wanneer die mielieblommengsel glad ingemeng is. Plaas oor matige tot lae hitte en roer af en toe terwyl jy die bodem en kante skraap.
  2. Ná 10 min. behoort die mengsel genoeg te begin verdik dat dit die agterkant van ’n lepel sal bedek. Voeg die sjokolade by en hou nog 2 min. aan roer tot die sjokolade gemeng is en die mengsel verdik het. Verwyder van die hitte en roer die vanielje en skil in.
  3. Verdeel tussen poedingkoppies of plaas in ’n groot opdienbak en laat sowat 2 uur in die koelkas verkoel tot koud en geset.

Deur Hope Malau

Stilering: Esther Malan