KOEK

500 g aarbeie of enige vars bessies of appelliefies, kleiner gesny indien nodig

1 plak (100 g) donkersjokolade,

in stukke gekap (opsioneel)

180 ml (¾ k) fyn amandels

750 ml (3 k) koekmeel

350-500 ml witsuiker

90 ml (6 e) kakao

10 ml (2 t) koeksoda

160 ml (²/³ k) olie

30 ml (2 e) asyn

10 ml (2 t) vanieljegeursel

500 ml (2 k) koue water

JOGURT-GANACHE

200 g (2 plakke) donkersjokolade, in stukkies gebreek

175 ml (1 houer) natuurlike jogurt

aarbeihelftes vir versiering (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondpan.

  1. KOEK Plaas die vrugte en sjokolade in ’n mengbak en voeg die amandels by. Hou eenkant.
  2. Sif die droë bestanddele saam en maak ’n holte in die middel.
  3. Klits die olie, asyn, vanieljegeursel en water saam in ’n ander bak en giet in die holte. Klits tot goed gemeng. Vou die vrugte, sjokolade en amandels in.
  4. Skep in die oondpan. Stamp dit liggies om van die grootste lugborrels ontslae te raak en bak sowat 30-40 minute tot gaar en tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Bedek met tinfoelie as die koek te donker word.
  5. JOGURT-GANACHE Smelt die sjokolade en meng met die jogurt.
  6. Verkoel tot effens verdik, klop af en toe en skep oor die koek. Laat staan tot stewig. Sny in blokkies en versier met aarbeie indien verkies.