Lewer 10

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 30 min.

500 ml (2 k) meel

10 ml (2 t) bakpoeier

2 ml (½ t) sout

45 ml (3 e) strooisuiker

200 ml (¾ k) melk

1 eier

30 g botter, gesmelt

botter of olie vir smeer

SJOKOLADEFUDGE

250 ml (1 k) versiersuiker

125 ml (½ k) bruinsuiker

80 ml (? k) kakaopoeier

15 ml (1 e) meel

’n knippie sout

400 g ingedampte melk

250 ml (1 k) water

20 g botter

5 ml (1 t) vanielje-ekstrak

  1. Sif die meel, bakpoeier, sout en strooisuiker in ’n bak.
  2. Klits die melk en eier saam in ’n aparte bak en meng dan die gesmelte botter in.
  3. Giet die vloeistofmengsel in die meelmengsel en klits met ’n vurk tot glad. Sit 10 minute eenkant.
  4. Verhit ’n klein, kleefvrye pan oor matige hitte en smeer met ’n bietjie botter of olie net vir die eerste plaatkoekie. Sodra dit warm is, voeg ’n skeplepel beslag in en bak tot die bokant begin borrel. Keer om en bak tot dit weerskante verbruin het. Herhaal met die oorblywende beslag.
  5. Sjokoladefudge: Plaas die versiersuiker, bruinsuiker, kakaopoeier, meel en sout in ’n kastrol. Voeg die ingedampte melk, water en botter by en bring tot kookpunt terwyl jy 5 minute aanhoudend roer.
  6. Verwyder van die hitte en laat afkoel. Roer die vanielje-ekstrak in en sit voor oor die plaatkoekies.