Lewer 20 blokkies

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 15 min.

Rus: 3 uur

400 g donkersjokolade, gekap

385 g blik kondensmelk

20 g botter, in blokkies gesny

60 ml (¼ k) Amarula-likeur

80 ml (1/3 k) droë klapper

  1. Voer ’n pan met bakpapier uit. Giet die sjokolade, kondensmelk en botter in ’n pot en plaas 15 min. oor lae hitte of tot verdik. Verwyder van die hitte en roer die Amarula in.
  2. Sprei die mengsel uit in die pan en sit 3 uur in die yskas of tot geset.
  3. Sny in blokkies en rol elkeen in die klapper tot goed bedek.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Miller/Jacques Stander