LEWER 12 BRUINTJIES

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 30 min.

250 g 70 persent-donkersjokolade

40 g botter

100 g strooisuiker

4 eiergele

5 ml (1 t) vanieljegeursel

90 g meel

’n knippie sout

50 g amandelvlokkies

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n bakpan van 20 cm en voer met bakpapier uit.
  2. Smelt die sjokolade in ’n bak oor ’n pot water wat prut. Verwyder van die hitte en roer die botter en strooisuiker in terwyl jy ná elke byvoeging roer. Voeg die eiergele een vir een in en klits ná elke byvoeging. Roer die vanieljegeursel in.
  3. Meng die meel, sout en amandels in. Vou sagkens by die sjokolademengsel in. Giet die mengsel in ’n bakplaat en plaas in die oond. Bak 30 min. of tot die bruintjiemengsel van die pan begin wegtrek.

Deur Hope Malau

Foto’s: Jacques Stander