Lewer 18

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 5 min. elk

Pannekoeke

500 ml (2 k) strooisuiker

625 (2½ k) meel

125 ml (½ k) kakaopoeier

7,5 ml (1½ t) bakpoeier

’n knippie sout

1 eier

125 ml (½ k) karringmelk

5 ml (1 t) vanieljegeursel

160 ml (? k) swart koffie, warm

45 ml (3 e) gladde grondbonebotter

60 g botter, gesmelt

Sous

225 g sjokolade

250 ml (1 k) room

  1. Pannekoeke: Meng al die droë bestanddele in ’n bak. Klits die eier, karringmelk en vanieljegeursel in ’n ander bak en voeg die eiermengsel by die droë bestanddele.
  2. Meng die koffie, grondbonebotter en botter in ’n aparte bak en voeg dit by die meelmengsel.
  3. Verhit ’n kleefwerende pan oor matige hitte en smeer goed. Laat val lepels vol van die beslag in die pan. Keer die pannekoeke om en bak 2 min. aan die ander kant of tot heel gaar. Herhaal met die oorblywende beslag.
  4. Pak die pannekoeke op mekaar.
  5. Sous: Sit die sjokolade in ’n bak en verhit die room oor matige hitte tot amper kookpunt. Giet die warm room oor die sjokolade en roer tot heel gesmelt. Die sous sal verdik namate dit afkoel. As jy ’n dunner dikte wil hê, voeg nog ’n paar eetlepels warm room by. Herverhit soos nodig in ’n bak oor ’n kastrol pruttende water.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Miller