Genoeg vir 6 of meer mense

Bereidingtyd: 5 minute

Rystyd: 1 uur

Baktyd: 40 minute

750 ml (3 k) meel

60 ml (¼ k) suiker

15 ml (1 e) droë gis

’n knippie sout

250 ml (1 k) warm water

45 ml (3 e) olie

2 eiers

80 ml (? k) sjokoladesmeer

1 eier geklits met 5 ml (1 t) water

1      Meng die meel, suiker, gis en sout in ’n groot bak.

2      Klits die water, olie en eiers in ’n kleiner bak saam tot goed gemeng. Gooi die watermengsel oor die meelmengsel en meng tot ’n sagte deeg vorm.

3      Knie die deeg tot glad op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is. Voeg nog meel by, indien nodig, om ’n ferm deeg te vorm.

4      Verplaas die deeg na ’n geoliede bak, bedek met kleefplastiek en laat rys 1 uur of tot die volume verdubbel het op ’n warm plek.

5      Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n broodpan van 9 x 5 cm.

6      Rol die deeg uit in ’n reghoek van 32 x 40 cm. Smeer met die sjokoladesmeer en los ’n rand van 2 cm rondom. Begin aan een van die korter kante en rol die deeg op. Knyp die kante om dit te verseël.

7      Verplaas die deeg na die voorbereide bakpan en verf met die eiermengsel. Bak 40 minute of tot ’n steekpen skoon uitkom as dit in die middel ingesteek word.

- Hope Malau