. Hulle sag en taai en ewe gewild onder kinders en grootmense.

Lewer 20

Bereiding: 10 min

Bak: 8 min

85 g botter, versag

160 ml (? k) strooisuiker

1 eier

160 ml (? k) meel

2ml (½ t) bakpoeier

2 ml (½ t) vanielje-ekstrak

5 ml (1 t) fyn kaneel

200 ml gerolde hawermout

50 g pekanneute, gekap

50 g sjokoladebrokkies

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 2 bakplate.

  1. Plaas al die bestanddele in ’n groot bak en meng goed.
  2. Skep lepels vol van die mengsel op die voorbereide bakplate en laat genoeg ruimte tussen elkeen vir uitsprei. Druk effens plat.
  3. Bak  8 minute of tot goudkleurig onder. Verwyder uit die oond en laat op die bakplate afkoel. Bêre in ’n lugdigte houer.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander