Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 20 min.

200 g donker sjokolade

70 g botter

5 ml (1 t) vanielje-ekstrak

4 eiers, geskei

80 ml (? k) versiersuiker

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer 4 ramekins of vorms.
  2. Smelt die sjokolade en botter in ’n glasbak oor kokende water. Hou aan roer en maak seker die bak raak nie aan die water nie.
  3. Verwyder die bak van die hitte, voeg die vanielje-ekstrak en eiergele by die sjokolade en sit eenkant.
  4. Klits die eierwitte en die versiersuiker tot stywe punte vorm. Vou by die sjokolademengsel in.
  5. Skep in die ramekins of vorms en bak 20 minute of tot gerys. Sit dadelik voor.