Lewer 14-16 koekies

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 90 sekondes

300 g donkersjokolade, in stukke gebreek

100 g rou amandels

100 g Trail Mix-droëvrugtemengsel

100 g gemengde neute

100 g bosbessies

  1. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier en spuit met kossproei.
  2. Breek die sjokolade in kleiner stukkies en plaas in ’n mikrogolfvaste glasbak. Mikrogolf 30 sekondes, roer en mikrogolf nog 30 sekondes. Roer weer en herhaal tot al die sjokolade gesmelt is.
  3. Meng die res van die bestanddele deur die sjokolade en skep hopies vol op die uitgevoerde bakplaat. Laat staan tot gestol.
  4. Verpak lugdig en sit voor as peuselkos.