LEWER 1 GROOT TERT (12 SNYE)

Bereiding: 20 minute

Verkoeltyd: 20 minute

Gaarmaaktyd: 55 minute

KORS

1 pak (400 g) broskorsdeeg

VULSEL

125 g fyn amandels

2 eiers

125 g sagte botter

95 g strooisuiker

180 g donkersjokolade, gesmelt en nog warm

3 pere, ontkern en in skyfies gesny

heuning en room vir voorsit (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer ’n tertpan van 22 cm of bespuit met kossproei.

  1. KORS Rol die deeg effens dunner uit en voer die tertpan daarmee uit. Laat 20 minute in die yskas verkoel.
  2. Prik die kors. Voer dit met bakpapier en droë bone uit en bak 10 minute tot gaar, maar nie bruin nie (dit word blind bak genoem). Verwyder die papier en bone.
  3. VULSEL Klop die amandels, eiers, botter en suiker saam en roer die warm gesmelte sjokolade by. Giet in die voorbereide kors.
  4. Pak die pere in die sjokolademengsel en bak sowat 45 minute tot goudbruin en ferm.
  5. Sit voor met heuning en room indien verkies.