Hierdie resep het Elsje Lubbe van Vanderbijlpark met ons gedeel.

Lewer sowat 16 pasteitjies

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 10-15 minute

500 g skilferkorsdeeg, ontdooi

200 g neutsjokolade, in blokkies gebreek

geklitste eier

kaneelsuiker

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n bakplaat.
  2. Rol die deeg effens dunner uit. Druk sirkels uit van sowat 5 cm in deursnee.
  3. Plaas die helfte van die sirkels op ’n oppervlak, plaas ’n stukkie sjokolade op elkeen en verf geklitste eier om die kante.
  4. Plaas nog ’n sirkel bo-op. Druk die kante vas met ’n vurk, verf die deeg met die geklitste eier en sprinkel kaneelsuiker oor.
  5. Bak 10-15 minute of tot die deeg gaar is en uitgepof het. Sit warm of louwarm voor.