Lewer 1 groot ronde koek (10-12 snye)

Bereiding: 30 minute

Baktyd: 75 minute

Verkoeltyd: oornag

KORS

1 pakkie (200 g) Tennisbeskuitjies,

fyn gekrummel

1 pakkie (100 g) neute, fyn gekap

100 g botter, gesmelt

VULSEL

6 eiergele

2 bakkies (230 g elk) roomkaas

90 ml (6 e) heuning

2 ml (½ t) kaneel

sap van ½ suurlemoen

60 ml (¼ k) mielieblom

250 ml (1 k) room

500 ml (2 k) oondgeroosterde botterskorsie, verpulp

SJOKOLADE-GANACHE

250 g donkersjokolade

125 ml (½ k) room

  • Voorverhit die oond tot 160 °C.
  • Smeer ’n losboompan van 22 cm met margarien.

  1. KORS Meng al die bestanddele saam en druk vas op die boom van die pan.
  2. VULSEL Klits die eiergele tot lig. Voeg die roomkaas, heuning, kaneel en suurlemoensap by en klits goed.
  3. Voeg die res van die vulselbestanddele by en meng goed. Skep in die voorbereide pan en bak 75 minute of tot die koek stewig is, maar in die middel nog ’n bietjie dril. Verkoel oornag.
  4. GANACHE Smelt die sjokolade en room saam in ’n glasbak oor ’n kastrol met kookwater of 1-2 minute in die mikrogolfoond. Roer gereeld. Laat effens afkoel tot die mengsel verdik het en smeer oor die kaaskoek.