LEWER 12 muffins

(1 muffin = 1 porsie)

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 30-40 minute

MUFFINS

125 ml (½ k) koekmeel

60 ml (¼ k) kakao

80 ml (¹/³ k) semels

10 ml (2 t) bakpoeier

10 ml (2 t) fyn kaneel

2 ml (½ t) sout

100 ml olie

100 ml bruinsuiker

2 eiers

375 ml (1½ k) fyn gerasperde wortels

225 g gerasperde appel

50 g bosbessies of sultanas

50 g pekanneute, gekap

VERSIERSEL

125 ml (½ k) versiersuiker

250 g maaskaas

ekstra neute vir oorsprinkel

  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Spuit die holtes van diep muffinpanne.

  1. MUFFINS Meng die droë bestanddele goed saam.
  2. Klits die olie, suiker en eiers saam.
  3. Voeg dit saam met die wortels, appel, bosbessies en neute by die droë bestanddele en meng tot net goed deurgemeng, maar steeds effens klonterig.
  4. Skep die holtes van die muffinpan goed vol en bak 30-40 minute of tot gaar. Laat afkoel.
  5. VERSIERSEL Meng al diebestanddele saam en smeer dit oor die muffins.
  6. Bêre die muffins in ’n lugdigte houer of vries dit sonder die versiersel.