Dis volmaakte kolwyntjies dié – klam in die middel met ’n romerige versiersel.

Lewer 24

Bereiding: 15 min.

Bak: 20 min.

250 ml (1 k) moutbier

225 g botter, gekap

200 ml (¾ k) kakaopoeier, gesif

2 eiers

160 ml (? k) suurroom

500 ml (2 k) meel, gesif

7 ml (1½ t) koeksoda, gesif

375 ml (1½ k) strooisuiker

VERSIERSEL

250 ml (1 k) versiersuiker

250 ml (1 k) gladde grondbonebotter

80 g botter, versag

5 ml (1 t) vanieljegeursel

125 ml (½ k) room

Voorverhit die oond tot 160 °C. Voer 24 muffinpanholtes met papierdoppies uit.

  1. Verhit die moutbier en botter in’ n kastrol oor matige hitte terwyl jy roer tot die botter gesmelt het. Verwyder van die hitte en klits die kakaopoeier in. Sit eenkant.
  2. Klits die eiers en suurroom saam.
  3. Voeg by die moutbiermengsel saam met die meel, koeksoda en strooisuiker en klits om te meng.
  4. Giet in die papierdoppies in die muffinpan en bak 20 minute of tot ’n steekpen skoon uitkom wanneer dit in die middel ingesteek word.
  5. Laat 10 minute in die pan afkoel. Keer op ’n draadrak uit om heeltemal af te koel.
  6. Versiersel: Klits die versiersuiker, grondbonebotter en vanieljegeursel 6 minute in ’n bak of tot donsig.
  7. Voeg die room by en klits nog 2 minute.
  8. Smeer of spuit die versiersel op die kolwyntjies en sit dadelik voor.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander