Lewer 12 snye

Bereiding: 15 minute

Baktyd: 24-30 minute

SJOKOLADEKOEK

250 ml (1 k) koekmeel

250 ml (1 k) suiker

15 ml (1 e) bakpoeier

1 ml (¼ t) sout

45 ml (3 e) kakao

5 ml (1 t) vanieljegeursel

250 ml (1 k) kookwater

60 ml (¼ k) olie

2 ekstragroot eiers, geklits

MOKKA-KOEK

sjokoladekoekbestanddele (sonder kakao)

45 ml (3 e) ekstra meel

30 ml (2 e) kitskoffie, opgelos in die koppie

kookwater

BOTTERVERSIERSEL

125 g sagte botter

250 g versiersuiker, gesif

10 ml (2 t) sterk kitskoffie, opgelos in 15 ml

(1 e) kookwater

GANACHE 100 g donkersjokolade, in blokkies gebreek 60-75 ml (4-5 e) room Voer die boom van twee 2 L-roomysbakke met kombuispapier uit.

  1. SJOKOLADEKOEK Sif al die droë bestanddele saam. Meng die res van die bestanddele en klits dit by die droë bestanddele. Meng goed. Giet in een van die roomysbakke. Plaas die bak op ’n omgekeerde piering in die mikrogolfoond en mikrogolf 12-15 minute. Laat 5 minute afkoel, keer uit en trek die papier af.
  2. MOKKA-KOEK Berei soos die sjokoladekoek, maar laat die kakao uit en gebruik die ekstra bestanddele.
  3. BOTTERVERSIERSEL Verroom die botter. Voeg die versiersuiker geleidelik by. Klits tot lig en donsig. Voeg die koffiemengsel by en klits weer.
  4. GANACHE Smelt die blokkies sjokolade en die room 1 minuut saam in die mikrogolfoond.
  5. Roer gereeld. Laat effens afkoel.
  6. Halveer elke koek, smeer versiersel tussen die lae en pak op mekaar.
  7. Smeer die ganache oor die boonste laag.