Lewer 1 ronde koek (12-16 dun skyfies)

Bereiding: 15-20 minute

Gaarmaaktyd: 45 minute

350 g donkersjokolade, in blokkies gebreek

180 ml (¾ k) strooisuiker

180 g botter, in blokkies gesny

5 eiers, geskei

80 ml (¹/³ k) koekmeel versiersel

kakaopoeier, gesif

versiersuiker, gesif

  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Smeer ’n 23 cmveerklamppan en voer die boom uit met bakpapier.
  • Smeer die papier ook.

  1. KOEK Plaas die sjokolade, suiker en botter in ’n dubbelkoker en roer tot die sjokolade gesmelt het en die mengsel glad is. Laat die mengsel effens afkoel.
  2. Voeg die eiergele een vir een by en klits deeglik ná elke byvoeging. Vou die meel liggies in.
  3. Klits die eierwitte tot stywe punte begin vorm en vou dit by die sjokolademengsel in. Giet die beslag in die voorbereide koekpan en bak 45 minute of tot gaar. Laat die koek in die koekpan afkoel en keer dit dan op ’n koekbord uit.
  4. VERSIERSEL Sprinkel strepe kakao en versiersuiker oor die koek net voor dit voorgesit word.