GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 35 min.

300 g sjokoladekoekies, fyn gemaak

100 g botter, gesmelt

Vulsel

200 g donker sjokolade, gekap

100 g botter

60 ml (¼ k) strooisuiker

2 eiers

3 eiergele

120 ml meel

Meringue

5 eierwitte

160 ml (? k) strooisuiker

10 ml (1 t) mielieblom

5 ml (1 t) vanieljegeursel

2,5 ml (½ t) witwynasyn

30 ml (2 e) kakaopoeier

Voorverhit die oond 180 °C. Smeer ’n losboompan.

1.    Meng die fyngemaakte koekies met die botter. Druk die koekiemengsel versigtig in die pan vas.

2.    Vulsel Plaas die gekapte sjokolade in ’n hittebestande bak oor ’n pot water wat skaars prut. Laat smelt versigtig terwyl jy af en toe roer. Voeg dan die botter by en roer tot gemeng. Verwyder van die hitte.

3.    Klits die suiker, eiers en eiergele tot gemeng en vou die meel versigtig in.

4.    Skep die sjokoladevulsel in die koekiebasis, maak met ’n spatel bo-op gelyk en bak 15 min.

5.    Meringue Klits die eierwitte met ’n elektriese menger met skoon kloppers tot stywe punte vorm. Klits die suiker geleidelik in tot ’n stywe, golwende meringue vorm met pieke wat bly staan wanneer jy die kloppers uitlig. Klits die mielieblom, vanielje en asyn in.

6.    Haal die sjokoladetert uit die oond nadat dit 15 min. gebak het en verlaag die oondtemperatuur tot 160 °C.

7.    Sif die kakaopoeier oor die meringue en skep die meringue versigtig met ’n metaallepel bo-op die sjokoladetert. Sit die tert terug in die oond en bak nog 20 min. of tot die meringue ’n dun kors bo-op het maar nog sag in die middel is. Laat heeltemal afkoel voor jy dit uit die pan haal.

Deur Hope Malau

Foto's: Megan Miller