Lewer 1 middelslag tert

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 30 min.

KORS

100 g botter, versag

80 ml (? k) gouestroop

2 eiers

50 g sjokolade, gesmelt

200 ml (¾ k) meel

5 ml (1 t) bakpoeier

’n knippie sout

VULSEL

4 groot eiers, geskei

2 ml (½ t) vanielje-ekstrak

750 ml (3 k) melk

30 ml (2 e) meel

30 ml (2 e) mielieblom

’n knippie sout

80 ml (? k) gouestroop

250 g botter, in blokkies gesny

VIR VOORSIT

gerasperde sjokolade vir garnering

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 23 cm-tertpan.
  2. Kors: Klits die botter en stroop saam en voeg die eiers een-een by terwyl jy ná elkeen goed klits. Roer die gesmelte sjokolade in.
  3. Sif die droë bestanddele in ’n groot bak. Voeg die eiermengsel by en roer om ’n gladde pasta te vorm.
  4. Sprei die korsmengsel egalig oor die bodem en kante van die voorbereide tertpan.
  5. Vulsel: Klits die eierwitte tot skuimend, voeg die vanielje-ekstrak by en klits tot stywe punte vorm.
  6. Meng 125ml (½ k) van die melk met die meel, mielieblom, sout en stroop tot glad. Sit eenkant.
  7. Bring die oorblywende melk tot net onder kookpunt in ’n kastrol oor matige hitte. Verwyder van die hitte en roer die meelmengsel in. Sit terug op die hitte en roer aanhoudend tot die mengsel verdik. Voeg die botter bietjie-bietjie by en meng goed. Klits die eiergele in die verhitte melkmengsel in.
  8. Vou die eierwitte sagkens in. Giet in die voorbereide pan. Bak 20 minute. Laat afkoel.
  9. Vir voorsit: Strooi gerasperde sjokolade bo-oor en sit voor.