Lewer 12 kolwyntjies

Bereiding: 20 minute

Baktyd: 20-25 minute

115 g botter

70 g strooisuiker

30 g bruinsuiker

2 eiers

215 g koekmeel

5 ml (1 t) bakpoeier

knippie sout

125 ml (½ k) melk

100 g sjokoladebrokkies

Voorverhit die oond tot 180 °C. Plaas papierkoppies in 12 holtes van ’n muffinpan. Spuit met kossproei.

  1. Verroom die botter en suikers saam tot lig en romerig. Klits die eiers een vir een by.
  2. Sif die droë bestanddele saam en vou om die beurt met die melk by die bottermengsel in. Voeg die helfte van die sjokoladebrokkies by.
  3. Verdeel die mengsel tussen die muffinholtes en sprinkel die res van die sjokoladebrokkies oor.
  4. Bak 20-25 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die kolwyntjies kom.