Lewer 1 dubbellaag-koek

Bereiding: 20-25 minute

Gaarmaaktyd: 35-40 minute

KOEK

180 g margarien

375 ml (1½ k) strooisuiker

4 eiers, geskei

5 ml (1 t) gladde appelkooskonfyt

10 ml (2 t) kakao

500 ml (2 k) koekmeel

1 ml (¼ t) sout

5 ml (1 t) koeksoda

5 ml (1 t) kremetart

250 ml (1 k) sterk swart koffie

5 ml (1 t) vanieljegeursel

VERSIERSEL

75 g botter of margarien

375 ml (1½ k) versiersuiker

10 ml (2 t) kakao

45-60 ml (3-4 e) swart koffie (15 ml gemeng met 60 ml kookwater)

2 ml (½ t) vanieljegeursel

koffiebone vir afronding

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 2 ronde koekpanne van 21 x 6 cm elk goed.

  1. KOEK Room die margarien en strooisuiker tot sag.
  2. Voeg die eiergeel en konfyt by en klits goed.
  3. Sif die droë bestanddele en voeg om die beurt met die koffie by die margarienmengsel. Voeg die geursel by.
  4. Klits die eierwitte styf en vou in.
  5. Skep in die voorbereide panne. Bak 35-40 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koeke kom.
  6. Keer uit op ’n draadrakkie en laat afkoel.
  7. VERSIERSEL Room die botter of margarien en sif die versiersuiker en kakao by en klits tot donsig. Voeg die koffie en geursel by en klits baie goed.
  8. Smeer oor elke koeklaag en stapel die koeklae op mekaar. Sprinkel koffiebone oor.