Lewer sowat 20 blokkies

bereiding: 15 minute

baktyd: 20 minute

KOEKLAAG

250 g margarien

125 ml (½ k) suiker

500 ml (2 k) koekmeel

10 ml (2 t) bakpoeier

knippie sout

500 ml (2 k) klapper

BOLAAG

560 ml (2¼ k) versiersuiker

15 ml (1 e) kakao

60 ml (¼ k) kookwater

Voorverhit die oond tot 180° C. Smeer ’n pan van 29 x 23 cm.

  1. Koeklaag Verroom die margarien en suiker saam tot lig en romerig.
  2. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en voeg die klapper by.
  3. Meng in by die bottermengsel en druk vas in die voorbereide pannetjie. Bak 20 minute of tot gaar en ligbruin.
  4. Bolaag Meng die versiersuiker en kakao met die kookwater en smeer oor die koeklaag sodra dit uit die oond kom.
  5. Sny in stafies.