LEWER 1 KLEIN RONDE KOEK

(12 SNYE)

Bereiding: 25-30 minute

Baktyd: 60-75 minute

BASIS

250 g sjokolade-sponskoek, in stukke gebreek

100 g botter, gesmelt

VULSEL

400 g donkersjokolade, in blokkies gebreek

50 g botter

600 g roomkaas soos Philadelphiakaas

160 g strooisuiker

15 ml (1 e) vanieljegeursel

4 eiers

1 cm-stuk vars gemmer, fyn gerasper gerasperde skil van 1 suurlemoen bessies vir garnering Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer of bespuit ’n 23 cm-losboompan met kossproei. Vou ’n laag tinfoelie om die buitekant.

  1. BASIS Meng die sponskoek en botter saam en druk vas teen die boom van die pan.
  2. VULSEL Smelt die sjokolade en botter in ’n glasbak oor ’n kastrol met kookwater of 1-2 minute in die mikrogolfoond. Roer af en toe.
  3. Maak die roomkaas sag in ’n bak, voeg die suiker,
  4. eiers en vanielje by en klits tot glad.
  5. Roer die gesmelte sjokolade, gemmer en suurlemoen in.
  6. Giet in die koekpan. Plaas in ’n oondpan, vul die pan halfpad met kookwater en bak 60-75 minute tot die koek gaar, maar steeds effe drillerig in die middel is.
  7. Plaas die koek in die yskas en laat afkoel. Ontvorm en versier met bessies.

Vir nog sjokoladeresepte: