Lewer 10 kolwyntjies

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 20 min.

Kolwyntjies

180 ml (¾ k) meel, gesif

60 ml (¼ k) kakaopoeier, gesif

125 ml (½ k) strooisuiker, gesif

10 ml (2 t) bakpoeier, gesif

5 ml (1 t) vanielje-ekstrak

80 g botter, gesmelt

2 eiers

125 ml (½ k) melk

Grondboonbotterroom

200 g botter, versag

250 ml (1 k) grondboonbotter

500 ml (2 k) versiersuiker, gesif

15 ml (1 e) vanielje-ekstrak

80 ml (? k) room

Sjokoladeglasuur

125 ml (½ k) room

300 g donkersjokolade, fyn gekap

30 ml (2 e) heuning

10 ml (2 t) vanielje-ekstrak

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n muffinpan met papierdoppies uit.

  1. Kolwyntjies Meng al die gesifte droë bestanddele in ’n mengbak en maak ’n holte in die middel van die mengsel.
  2. Meng die vanielje, botter, eiers en melk in ’n beker en voeg dit by die meelmengsel terwyl jy meng tot net gemeng.
  3. Skep die beslag in die bereide muffindoppies en bak 20 min. of tot die kolwyntjies deurgebak is.
  4. Grondboonbotterroom Klop die botter en grondboonbotter in ’n mengbak tot romerig en donsig. Voeg die versiersuiker by en hou aan roer tot goed gemeng.
  5. Voeg die ekstrak en 60 ml (¼ k) room by. Meng tot klam. Klits teen hoë spoed tot die versiersel glad en donsig is. Voeg nog room by indien nodig.
  6. Spuit die versiersel op die afgekoelde kolwyntjies.
  7. Sjokoladeglasuur Verhit die room in ’n kastrolletjie oor matige hitte tot warm, maar nie tot kookpunt nie.
  8. Plaas die sjokoladestukke in ’n glasbak. Giet die warm room oor die sjokolade en laat staan sowat 5 min. of tot die sjokolade gesmelt het. Klits die room en sjokolade tot glad en deeglik gemeng. Klits die heuning en ekstrak in. Laat sowat 10 min. afkoel.
  9. Skep die glasuur op die versierde kolwyntjies en laat ’n bietjie langs die kante af drup.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan