Lewer 50 blokkies

Bereiding: 15 minute

Baktyd: 20-30 minute

KOEKIES

500 ml (2 k) koekmeel

30 ml (2 e) kakao

10 ml (2 t) bakpoeier

500 ml (2 k) hawermout

500 ml (2 k) klapper

250 ml (1 k) suiker

350 g botter of blokmargarien, gesmelt

VERSIERSEL

500 ml (2 k) versiersuiker

10 ml (2 t) kakao

10 ml (2 t) botter of margarien, gesmelt

50 ml warm water

Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer 2 oondpannetjies van 19 x 19 cm met botter of margarien.

  1. KOEKIES Sif die meel, kakao en bakpoeier saam. Voeg die hawermout, klapper en suiker by en meng goed.
  2. Roer die botter of margarine by en meng deur tot goed aangeklam.
  3. Skep in die pannetjies en druk vas. Bak 20-30 minute tot gaar en stewig, maar nog sag.
  4. Verwyder uit die oond en laat effe afkoel tot stewig genoeg om die versiersel oor te smeer.
  5. VERSIERSEL Sif die versiersuiker en kakao saam.
  6. Voeg die botter en warm water by en meng tot ’n stywe pasta.
  7. Smeer oor die koeklaag terwyl nog warm. Laat heeltemal afkoel en sny in blokke.
Bêre in lugdigte houers. Sjokolade-fudge-blokkies