LEWER 1 TERT VAN 24 CM

Bereiding: 45 minute

Baktyd: 45 minute

Staantyd: altesaam 35 minute

KORS

250 g koekmeel

100 g versiersuiker

125 g koue botter, gerasper

1 groot eier, geklits

VULSEL

125 ml (½ k) melk

250 ml (1 k) room

4 roosmaryntakkies

250 g donkersjokolade

2 groot eiers, geklits

Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer ’n tertpan van 24 cm.

  1. KORS Sif die meel en versiersuiker saam en vryf die botter met die vingerpunte in tot dit soos broodkrummels lyk.
  2. Voeg die geklitste eier by en werk dit met ’n paletmes in tot ’n deeg vorm. Draai die deeg in waspapier toe en laat dit 20 minute rus.
  3. Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit tot dit 3 mm dik is en voer die gesmeerde pan daarmee uit.
  4. Prik die kors met ’n vurk en laat die deeg 15 minute in ’n yskas rus. Sny die deeg wat oor die kante van die bak hang, af en bak die deeg 15 minute blind. Verwyder die waspapier en bone.
  5. Verlaag die hitte tot 150 °C en bak die tert nog 10 minute.
  6. VULSEL Verhit die melk, room en roosmaryn in ’n kastrolletjie tot net onder kookpunt. Verwyder die roosmaryn.
  7. Voeg die sjokolade by die melk, roer tot dit gesmelt het, verwyder van die hitte en laat effens afkoel.
  8. Meng die geklitste eiers met ’n bietjie verhitte melk en voeg dan die res van die melk by. Klits oor ’n lae hitte tot die mengsel glad en dik is. Skep in die tertkors.
  9. Bak 25-30 minute in die oond by 180 °C of tot dit gestol het, verwyder van die hitte en laat afkoel.